jump to navigation

Van Biegblok na Kaalkop Julie 23, 2008

Posted by unobastardo in Trivia.
trackback

Lank gelede het ek geskryf:

“I am a reader, not a writer

 I am a lover, not a fighter”

Ek het hierdie blog begin, maar ek kon nie altyd in woorde omsit wat in my kop en in my hart was nie. Nie terwyl ek geweet het ander oë sal dit ook lees nie – dit was net TE persoonlik. Ek het oor wyn, my passie geskryf, maar daar is ook net soveel om oor wyn te skryf. Toe ek ophou hier skryf, het Sonkind eendag lank met my gesit en praat, want sy ken my geskiedenis.

Na my vrou, Leah, verongeluk het, wou ek nie meer aangaan nie. Leah was my lewe. Destyds het my twee vriende my deur die swart dae gedra en aanbeveel dat ek neerskryf hoe ek voel. Vir die eerste keer het die donkerte gelig. Ek het dit uit my gestel geskryf, maar toe dit klaar was, was my woorde ook op.

Ek het daarna hierdie blog begin, maar ek het nie gevoel om my donkerste tye hier neer te skryf nie. Toe ek egter besluit om op te hou skryf, het ek onthou hoeveel my destydse skrywe so op my eie gehelp het, en daar is die gedagte van Biegblok gebore.

Ek het gedink dalk is daar iewers iemand wat dalk sal baat vind daarby om sy stryd, sy donkerte, sy diepste seer of sy diepste geheim iewers te kan neerskryf, sonder dat hy homself hoef bekend te stel. Sommer net Anoniem. Sommer net uit die hart uitskryf.

Tot my spyt het sommige narre Biegblok ook gebruik vir hulle eie kinderagtige snert, maar ek glo steeds dat die blog ‘n goeie doel gedien het, en as dit net EEN mens gehelp het, dan is dit vir my genoeg. Dit was vir my ‘n bittere slag toe ek besef iemand was so laag en gemeen om dit te delete. Gelukkig het ek ‘n paar van die posts in my Google Reader gehad en ek het gered wat ek kon.

Ek het ook met die WordPress mense kontak gemaak en hulle het my nou goeie raad gegee hoe om die blog te backup sodat ek nooit weer enige iets sal verloor nie. Ongelukkig is die domain naam, Biegblok, verlore. Dus het ek dit maar nou herdoop en kan julle weer gaan bieg by

kaalkop.wordpress.com

Net soos die armes, sal ons die armes van gees ook altyd met ons hê. Laat ons maar net hoop diegene sal die nuwe biegblok met rus laat.

Dankie vir almal van julle wat dit tot dusver opreg ondersteun het 🙂

Advertisements

Kommentare»

1. Biegblok se storie « Sonkind - Julie 23, 2008

[…] HIER is die storie agter die storie van Biegblok. […]

2. Wipneus! - Julie 23, 2008

Biegblok was een van my gunstelinge. Sal die nuwe link op my blogroll gaan sit

Ek stem die optrede was kinderagtig.

3. boendoe - Julie 23, 2008

Uno, jy het ‘n punt beet. Ek het ook al gebieg op Biegblok, en dit het baie, baie gehelp. Soos ek vanaand op my eie blog gese het, mens moet partykeer die monstertjies help ontsnap om verligting te kry. Sterkte vir jou vorentoe, en dankie vir ons ou bloggie!

4. Zee - Julie 23, 2008

Welkom terug!!

5. Pikkelik - Julie 24, 2008

Ek is net bitter dankbaar Biegblok is nie vir altyd verlore nie!!! Ek dink dit was ‘n briljante idee en al het ek nog nooit self daar geskryf nie, was daar ander wat so naby aan my eie gevoelens geskryf het, dat ek die kommentaar vir myself kon vat! Dankie dat hy terug is.!

6. Tersia - Julie 24, 2008

Baie dankie, ek het ook al daar gaan aanklop en trane gestort! Dis ‘n goeie ontlading om partykeer dinge anoniem te doen. Mense is so wreed, hulle kan so onsensitief wees!

7. Adrie - Julie 24, 2008

Ek was ook mal oor die biegblok.

8. Die Wolf - Julie 24, 2008

Skep nog ‘n “user”, maar maak die user net ‘n “contributor” of ‘n “author”. Laat die mense wat wil bieg hierdie user se name en password gebruik, verander die administrator se password sodat net jy weet wat dit is. ‘n Heks sal dan nie die blog kan delete nie.

9. demoerin - Julie 24, 2008

Om te praat is een ding, maar om ‘n ding te skryf maak die siel skoon. Wonderlike idee.

10. neykie - Julie 24, 2008

Biegblok was my tipe plek waar ek ook ‘n paar keer gaan bieg het, en die swaar gevoel van my hart is biekie ligter gemaak. daar gee almal hulle opinie sonder om rerig te weet vir wie dit is.

thanx vir Kaalkop.wordpress 😉

11. Dellie - Julie 24, 2008

Ek is net so bly dit word voortgesit. Ek is seker meer as een persoon is al daardeur gehelp. Dit was ‘n wonderlike idee van jou kant af.

Wat daar gebeur het met die laaste possies, was regtig nie snaaks nie. Ek het ook ‘n eier gelê daaroor op my blog.

Sterkte vir jou – onthou, ons kan ook luister as jy moet praat. 😉

12. unobastardo - Julie 24, 2008

Baie, baie dankie almal, vir die mooi woorde en die ondersteuning.

Wolf, ek het jou voorstel gaan naslaan, maar ongelukkig werk dit nie heeltemal so nie. Users / Authors moet of reeds hulle eie blog hê, of hulle sal invite word om ‘n eie blog ook oop te maak, as ek die storie reg verstaan. In effek is daar dan nie meer die totale anonimiteit nie. Ek is maar tegnologies gestremd, so as jy van ‘n manier weet hoe om dit te doen, mail my asseblief by unobastardo at gmail dot com – ek sal dit baie waardeer.

Intussen volg ek maar WordPress Support se raad en export die blog een keer per dag. Omdat daar nie baie graphics is nie, neem dit ‘n paar sekondes en neem nie baie spasie op nie. So “backup” ek dus die hele blog en kan dit altyd weer ge-import word in totaliteit as iemand weer so orig is om dit te delete.

Ongelukkig verloor mens dan net weer die domain naam, maar ek is seker tussen ons sal ons aan baie name kan dink waarmee die blog sal kan voortgaan 😉

13. Roer - Julie 24, 2008

Goeie inisiatief.

14. Die Wolf - Julie 24, 2008

Ek het ‘n “contributor” geskep.

Sien verdere inligting by die e-pos wat ek aan jou gestuur het.

15. rosalindfranklin - Julie 24, 2008

Hi,
Hoekom hou jy nie net die blog vir jouself nie, en maak dit net jou eie plek waar net jy kan skryf nie. Ander mense kan mos op hulle eie blogs skryf. Dan kan so iets nie weer gebeur nie.
Dit is net ‘n voorstel. Groete

16. Pagoda32 - Julie 24, 2008

Voorspoed

Ek het so ‘n vinnige oog gegooi en ek hoop van harte dat die ene nie ook in ‘n nagmerrie gaan ontaard nie. Die idee is goed, maar solank ‘n “open door” setup gevolg word gaan daar kansvatters wees wat stront wil maak.

17. vokov - Julie 24, 2008

Jis ou Baster, ek is bly jy is ook weer terug. Ek gaan nie die keer op jou vokin nerwe kom werk nie, so relax. Afika maak ‘n man mak.

Jammer om van Leah te hoor. Mens weet nie voor jy nie weet nie. Gaan jy nou weer blog? Ek gaan nie, maar ek wil maar so bietjie die ou vokin volkie se siele trek hier en daar, ‘n been omdraai en ‘n comment los in die verbygaan.

Dus is ou Vokof nie ‘n blogger nie, maar ‘n commenter. Of ‘n vokin commentator!

Groete

18. maxie - Julie 24, 2008

Dit was ‘n puik idee, het gereeld daar ingeloer en probeer raadgee. Ek is so bly dis terug, dankie!

19. Basil - Julie 27, 2008

Welgedaan Trosman.

Ek is so bly dat die winter jou weer nader getrek het. Ons het jou gemis hier in die “text wereld”.

Jy het seker raakgelees en gesien dat mense gekom en gegaan het, soos die -commenter- hier bo.

O ja, ek lees hier en daar, maar lees myself nerens in die ander stoepsit boer vas nie……. hy is hierdie keer regtig ver die lande in met daardie rooi gevaarte van hom.

Ek wonder wat ploeg die ou dan die lande so? Dit wil my amper voorkom asof hy diep ploeg en het seker ‘n hele ander plan met daardie grond van hom wat hy so lief het.

Biegblok het vir ‘n oomblik te groot geraak vir een of ander mensie en die het duidelik nie werk gehad vir haar/sy hande nie. Ek is bly om te sien dat die ander jou so mooi ondersteun met Biegblok en ek wonder wie sal die volgende ene wees wat daar kom bieg? LOL!!! Ek meen, dit is altyd goed om te sien wat ander swaar op die hart dra en hier en daar raad te gee.

Sodra Tros weer ‘n vuur wil maak brand, moet Tros so sê, dan maak ons so. Ek het hoeka lanklaas die ou lyf lekker geswaai.

20. sonkind - Augustus 26, 2008

Lewe jy nog?

21. Basil - Oktober 17, 2008

Self gewonder of die ou nog lewe. So in die elke dag se dinge, vergeet ek om weer ‘n slag daar in die vallei so sitsit onder die boom saam met daai neef van my van daai vallei wyne te drink.

Trosman, jy moet laat hoor van jou, daar is baie om te vertel. Lol!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: