jump to navigation

Van Biegblok na Kaalkop Julie 23, 2008

Posted by unobastardo in Trivia.
21 comments

Lank gelede het ek geskryf:

“I am a reader, not a writer

 I am a lover, not a fighter”

Ek het hierdie blog begin, maar ek kon nie altyd in woorde omsit wat in my kop en in my hart was nie. Nie terwyl ek geweet het ander oë sal dit ook lees nie – dit was net TE persoonlik. Ek het oor wyn, my passie geskryf, maar daar is ook net soveel om oor wyn te skryf. Toe ek ophou hier skryf, het Sonkind eendag lank met my gesit en praat, want sy ken my geskiedenis.

Na my vrou, Leah, verongeluk het, wou ek nie meer aangaan nie. Leah was my lewe. Destyds het my twee vriende my deur die swart dae gedra en aanbeveel dat ek neerskryf hoe ek voel. Vir die eerste keer het die donkerte gelig. Ek het dit uit my gestel geskryf, maar toe dit klaar was, was my woorde ook op.

Ek het daarna hierdie blog begin, maar ek het nie gevoel om my donkerste tye hier neer te skryf nie. Toe ek egter besluit om op te hou skryf, het ek onthou hoeveel my destydse skrywe so op my eie gehelp het, en daar is die gedagte van Biegblok gebore.

Ek het gedink dalk is daar iewers iemand wat dalk sal baat vind daarby om sy stryd, sy donkerte, sy diepste seer of sy diepste geheim iewers te kan neerskryf, sonder dat hy homself hoef bekend te stel. Sommer net Anoniem. Sommer net uit die hart uitskryf.

Tot my spyt het sommige narre Biegblok ook gebruik vir hulle eie kinderagtige snert, maar ek glo steeds dat die blog ‘n goeie doel gedien het, en as dit net EEN mens gehelp het, dan is dit vir my genoeg. Dit was vir my ‘n bittere slag toe ek besef iemand was so laag en gemeen om dit te delete. Gelukkig het ek ‘n paar van die posts in my Google Reader gehad en ek het gered wat ek kon.

Ek het ook met die WordPress mense kontak gemaak en hulle het my nou goeie raad gegee hoe om die blog te backup sodat ek nooit weer enige iets sal verloor nie. Ongelukkig is die domain naam, Biegblok, verlore. Dus het ek dit maar nou herdoop en kan julle weer gaan bieg by

kaalkop.wordpress.com

Net soos die armes, sal ons die armes van gees ook altyd met ons hê. Laat ons maar net hoop diegene sal die nuwe biegblok met rus laat.

Dankie vir almal van julle wat dit tot dusver opreg ondersteun het 🙂

Advertisements