jump to navigation

Au Revoir Desember 28, 2007

Posted by unobastardo in Trivia.
trackback

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Ek het met die uitloop van die jaar besef dat ek nie ‘n goeie skrywer is nie.

“I am a lover, not a fighter.

I am a reader, not a writer.”

Of dalk het ek nie die stamina om in te sit om ‘n goeie skrywer te word nie. Ek het die woorde, maar dis die ‘link’ van my kop na die bladsy wat te onstandvastig is, amper soos Telkom se lyne, soms.

Ek is ook nie ‘n goeie vriend nie. Of ‘partner’ nie. Ek dink ek loop my paadjie al te lank alleen. En toe ek hom nie alleen geloop het nie, het ek hom saam met iemand geloop wat geweet het dat ek eintlik ‘n alleenloper is, maar dat ons liefde gemaak het dat ek ‘n uitsonderlike pad geloop het.

Maar nou loop ek hom weer alleen en ek wil net my pad deel wanneer ek lus het, en daarom is ek ‘n slegte maat vir enigiemand. Dus is dit beter om alleen te loop, dan kry niemand seer nie.

Vir die wat hier kom lees het, vir die wat my vriende geword het, en sommer net vir almal by wie ek soms kon gaan stil sit en lees, dankie! Ek het geleer en wyser geword. En ek sal aanhou lees. maar nie meer aan hou skryf nie.

Ek maak nie die deure hier toe nie, ek neem net ‘n siesta. As ek op interessante wyn dinge afkom, sal ek dit hier kom deel. Met vergunning van die oorspronklike skrywers.

Mag 2008 vir elkeen van julle net die beste bring! Au revoir!

Kommentare»

1. boerinballingskap - Desember 29, 2007

Uno, ek dink jy kyk jouself so bietjie vlak! “Nie ‘n goeie skrywer” nie”??? Ons kan mos nou nie almal ‘n Breyten of ‘n Karel Schoeman wees nie! Nee man, jy nou skaars begin, dan wil jy nou al weer waai!
😦

2. boerinballingskap - Desember 29, 2007

O, ja! “Slegte maat vir enigiemand”… Ek dink dis ook sommer stront!

3. Kaalvoetkind - Desember 29, 2007

Uno ek weet so presies waarvan jy hier praat! Ek het dieselfde probleem – die “link” van die kop na die bladsy. In my gedagtes het ek dit 100% uitgewerk maar sodra ek wil begin skryf is dit soos my ADSL lyn – “broken links” of wat jy dit ookal noem. Ek het ook nie lus om heeldag in argumente of debatte betrokke te raak nie. Op die einde van die dag verander dit wat ek hier kwytraak tog in elk geval nie die betrokke situasie nie bv. mishandeling van kinders of die politiek in die land nie. Ek het ook nie lus om meer heeldag vir my godsdiens te skerm nie. Ek is getroud en boonop baie gelukkig ook, maar in wese is ek ook maar ‘n “loner” of alleenloper – selfde ding! Lees is ook baie lekkerder vir my as om myself te probeer verwoord!

Jammer Bib dat ek jou nie in hierdie een ondersteun nie, maar ek verstaan net te goed waarvan Uno hier praat! Maar ek is seker hier is ‘n hele paar (ek inkluis) wat jou inskrywings gaan mis! En ek dink tog jy is ‘n goeie skrywer al dink jyself nie so nie! Voorspoedige 2008 ook vir jou!!

4. Bertus! - Desember 29, 2007

Dis bitterlik jammer. Ek hoop jy verander van plan en hou aan om ons meer van wyn te vertel.

5. unobastardo - Desember 30, 2007

Kaalvoetkind – jy verwoord my gedagtes baie goed – dankie!

Boer, Bertus – ek gaan nie verdwyn nie, ek sal nog kom wyn dinge skryf. Maar dit sal feite en nie stories wees nie. Feite wat ek iewers sal oplees en navors en dies meer en dan hier kom neerpen.

Ek is nie ‘n storie skrywer nie en ook nie een wat oor my elke dag se doen en late kan skryf nie. Dis eintlik maar meer wat ek bedoel het. Dankie vir julle comments. Boer, ek het lekker gelag vir jou tweede comment, maar ek IS ‘n slegte ‘partner’, hoor. Miskien nie ‘n slegte “pal” nie, maar beslis nie goeie verhoudingsmateriaal nie! 😆

6. rightsaidreverend - Desember 30, 2007

Dis inderdaad jammer. Volgens my is jy juis een van die beter skrywers hier rond. Me thinks, jy is dalk net te lui om te dink. En al rede waarom ek die moed het om dit te sê, is omdat ek dit baiemaal self beleef. My rekenaar is vol stories met beginne, maar geen lywe en eindes nie. Omdat ek te lui geraak het om verder te dink. Ek los hulle maar so totdat ek weer kans sien om dit klaar te maak.

7. Basil - Desember 30, 2007

Nee Tros, jy kan mos nie nou pad af nie. – Trosman, moet nou nie dat ek en my homeboy hier mekaar in die stof rol nie, ek het jou mos mooi vertel daar by die fees wat jy met jou idee van “die blog vergeet vir nou”, kan doen.

Die mens/mense wat hier en daar dinge gesê het wat jy nie gehou het van nie, sal mos nou lekker gaan sit en lag as jy in die stofpad afry met daai spog 4×4 van jou, nee broer, so werk dinge nie jong!

Kyk, ek en Tros het mos nou al so gestapstap deur die wingerd wat ewig groen lê daar in die mooiste mooiste vallei wat man nog ooit gesien het. – En daai broekrok draer daar in die GP land? Sy sal mos nou haar oë uit huil as jy die sleutel finaal agter jou draai. LOL!

Verder het ek jou hulp nodig om hier en daar te lees, jy weet mos ek kan nie so gereeld stoepsit nie, of hoe? Kyk Tros, daar anderkant het daardie, mmm, “ou grootseun” mos gesê ek en Tros praat ons eie taal, ai, en het ek tog so lekker gelag vir daai ene. Ek en Tros is mos nie die enigste wat ons eie taal hier praat nie, ek meen, Tros het self gesê hoe lekker Tros so deur die kode taal gelees het en gereeld gesien het hoe lekker chat die een met die ander, of hoe?

Ja, die vokof ene het nou self gevokof iewers heen, ai tog, ek self het mos in daardie dam geval. MAAR, toe gaan die liggie aan ek kan toe mos nou mooi sien waar skyn die lig heen. Daai ene van slim vang sy baas, ja, Tros ken mos daai ene. LOL!

Ja, ek sien vir nou is ‘dinge’ maar stil daar anderkant op die plaas waar daar met ‘n BRRR gery word. Elke keer as ek net lekker begin kuier in daai paaldans pub, dan hanteer hulle nie die besigheid reg nie en dan maak die deure toe vir eers, sjoe!

Moet sê, daardie BRRR van Tros is glad nie sleg nie, ek is mos so effe groen oor daardie BRRR van jou. Daardie broekrok draer van GP land sal mos enige tyd saam met Tros so BRRR BRRR deur die wingerd ry en wie weet iewers naby of onder een van daai groot bome wat daar groei mag die BRRR dalk net sonder brandstof gaan staan, hehe, dan kan sy en Tros mos nou net daar en dan vir mekaar kyk en sê, nou wat nou? Waar anders is dit nou beter om mekaar beter te leer ken as daar in vallei tussen die wingerd en onder ‘n moerse boom wat ‘n lekker skadu gooi, mmm?

Daardie gedagte van Tros om so manman deur die lewe te gaan, is ‘n gedagte vir ‘n ander keer en nie nou nie Trosman! Ons kyk uit vir jou!!!

8. Jaco - Desember 30, 2007

Aai jaai jaai, wat ‘n jammerte. Maar soos die spreekwoordelike ingelsman gesê het “to each his own”. Ek was ook in die kosry toe skryftalent uitgedeel is, maar ek vind dat selfs my power pogings help om myself perspektief te gee op wat ook al die probleem op daardie stadium is.
Ons sal jou mis.

9. platterfuss - Januarie 2, 2008

*sug* Basil…. jy sien raak my vriend! 😦

10. René - Januarie 2, 2008

Ai toggie – dis nou slegte nuus so vroeg in die nuwe jaar! Maar nou ja, ek vir een, verstaan hoe jy voel en respekteer dit!

Wat die partner storie aanbetref – ek stem saam met Boertjie – ek dink ook dis sommer stront!!! Daar is nie so iets soos ‘n perfekte partner nie – dis baie belangrik dat jy jou eie mens in ‘n verhouding bly en as jy jou lewe met die regte persoon deel, sal sy jou toelaat om jou eie mens te wees en jou aanvaar soos jy is!! Dis ‘n trial and error en uitsort-besigheid en mens besef gou jy is baie meer aanpasbaar as wat jy jouself erkenning voor gee! En is dit nie so dat iemand juis lief raak vir jou oor wie jy is nie???

Nietemin, ek gaan jou nie probeer oortuig nie – moet net nie sommer net die handdoek ingooi nie, elke pot het sy deksel, party krom en skeef, maar met bietjie effort en buigwerk, pas daai deksel tog op die ou en perfek!

11. Karin - Januarie 4, 2008

Hey Uno,

Ek het altyd lekker gelees aan jou. Skryf kan ek ook nie – maar my kop word so vol dat hy seer raak. En soms raak my hart so vol dat hy wil bars. En soms, dan sit ek dit op papier – dit maak ligter.

Ek het nie meer iemand om my daaglikse dinge mee te deel nie. Nou vertel ek maar vir my blok. Die blok is geduldig en hy oordeel nie.

Mag dit jou goedgaan. Ek sal jou mis.

Liefde
Karin ‘-)

12. Roer - Januarie 6, 2008

Ek dink dit is Rene wat eendag vir my die raad gegee het om op te hou probeer skryf vir ‘n gehoor en net vir myself te skryf. Die res kom vanself. Ek wou ook handdoek ingooi, want bitter min van ons IS goeie skrywers, maar ek dink nie dis waaroor dit gaan nie. Inelkgeval, bly om te sien jy gaan nie totaal en al verdwyn nie en toemaar, ek vir een verstaan.

Kaalvoetkind, ek mis jou. Maak tog weer jou blog oop jong! Maak maar soos Trossie en skryf net wanneer jy iets op die hart het. Al is dit nou twee maal ‘n jaar. Toe man.

13. Dellie - Januarie 7, 2008

Ekke gaan jou ook mis. Maar ek sal nog kom leer oor wyne by jou. Moenie te ver weggaan nie, hoor!

14. vokof - Januarie 23, 2008

Aag pil-leeze!!! Bertus seuna, trek uit jou neus uit jou maatjie se hol, dit is sickening.

Vat jou brrr brrr plestiek vokin trike, en jaag daarmee oor die sementblad agter die huis. Pasop net om nie in die hondedrolle te gly nie!

Baster – vir wat die moerse aankondiging oor jy wat wil loop? Vokof net man, of wil jy graag he mense moet jou gat lek en jou vertel hoe oulik jy is?

Hoop jy kry ‘n lewe en raak groot en miskien, net miskien kry jy iemand wat met jou kan uithou.

Anders moet jy en Bertus maar brrr brrr, jy weet…

15. unobastardo - Februarie 1, 2008

Ai shame vokof, ongelukkig is daar nie pille vir wat jou makeer nie. En dan lyk dit my jy kan ook nie eers ordentlik lees nie. Val vir Bertus aan wat heel onskuldig is. Ek dink die eintlike een wat jy hier wou beetkry, is my neef, Basil.

Maar ons sal jou maar verskoon. Vat nou maar weer jou karretjies (of is dit nou dalk poppe, of inkleurboeke?) en dan gaan speel jy soet terwyl die grootmense gesels, okay.

16. vokof - Februarie 5, 2008

Ek was onder die indruk jy’s onder jou klippie Baster?

Verskoning Bertus, dis eintlik Basil, of Nefie, wat ek uit oom Kaspaas se gat wou skud.

‘n Vokof se kop is maar nie altyd op een plek nie.

17. platterfuss - Februarie 18, 2008

Neef nogals? Hehe Basil……

18. Basil - Februarie 18, 2008

Tros, ek gaan jou gat skop! Laat jy die kat nou so uit die sak uit!

Ja, Platts, hy is my neef, maar hy is die ryk familie en ek is die arm familie. LOL!


Lewer kommentaar