jump to navigation

Paarliete kuier my klaar! Desember 2, 2007

Posted by unobastardo in Trivia.
trackback

Dis nou al geruime tyd dat daar sprake is van ‘n braai, waar ek vir Sonkind en Basil sou ontmoet en sommer net ‘n slag lekker sal kuier. Ek is maar soort van ‘n alleenloper en loop altyd eers draaie om ‘n kuier met vreemde mense, maar mens kan ook net soveel verskonings uitdink en dan nie meer nie.

So, gister is ek toe deur ‘n goeie vriend van my, wat ook ‘n skoolmaat van Sonkind is, doodeenvoudig saamgesleep oor die berg, Paarl toe, vir die lank beplande kuier. maar eers het ons ‘n ander draai gegooi, wat ek net vlugtig hier sal noem, want ek dink iemand anders sal eerder daardie storie wil vertel.

Martin, ‘n ander vriend, het 2 weke terug sy skipperslisensie gekry en gister is ons toe almal ingewy deur ‘n rit uit op die boot, by Yzerfontein. Dit was ‘n mooi dag, met effense wind, maar Yzerfontein is prentjie mooi. Die uitgaan met die boot was heel skaflik, maar ek is nie ‘n ou wat sommer vir ure op die see kan wees nie – kry so ‘n effense snaakse kol op die maag!

Van daar af is ons almal terug Paarl toe en ek was nie een oomblik spyt ek het my laat uitsleep uit my groef nie. Dit was net te lekker. Ek het dit reggekry om 2 fotos te neem, maar het toe verder so lekker gekuier en gedans dat ek skoon van my kamera vergeet het. Die fotos is eintlik skandelik, want dit wys net al die drank!

1dec07-001.jpg

Die pienk goed hier voor, is vrek lekker. Dit was eintlik Son s’n, maar ek het haar mooi gehelp om dit klaar te maak!

1dec07-002.jpg

Die wyn is nie myne nie, dis al wat ek weet. Gelukkig het Martin die brandewyn buite by die braai gehou!

Paarliete, dankie vir ‘n lekker dag en aand, goeie geselskap, goeie kos en hopeloos te veel drank! Volgende keer kom julle plaas toe. Son, ek sal daai dansie nie gou vergeet nie!  

Kommentare»

1. platterfuss - Desember 2, 2007

Hey! Klink of jy dit geniet het! Onthou, mens mag nie jok op n blog nie! Hehe! Jy sien al vir weke uit om vir Sonkind (en Basil) te ontmoet!

Sal lewerpilletjies mail, eers Sutherland, nou Paarl! *winks*

2. Basil - Desember 2, 2007

Trosman, ek sit nou nog stil van daai ‘mos’ wat jy my gevoer het. LOL!!!

Maar eending is so, ek het ‘n paar dans passies gesien wat my oë laat stilstaan het. Daai Paarl se girls en die wat daar groot geword het natuurlik, mag maar hulle boude swaai. LOL!!! Dit is genoeg om ‘n man self daai paal te laat gryp en ‘n paar dans passies uit te voer, of hoe?

Ek lees hier en daar en soos ek die ding lees sien ek jy gaan binnekort ook enetjie hê wat daar in die vallei vir jou ‘n paar passies gaan uitvoer.

Nee, dit is reg so, ek sal ook natuurlik daai geleentheid wil bywoon. LOL!

3. platterfuss - Desember 2, 2007

Basil, onthou net, erens gaan jy saam my moet kuier, en k@k gaan julle k@k! Glo my! Jy en die man v d blog gaan sukkel met my en Son!

4. ding - Desember 6, 2007

eepplllaaatmettiestrepie
Hoe smaak dit dan nou vir ou ding asof jy meer dreig as uitnooi, hmmm??

5. platterfuss - Desember 6, 2007

Hehe ding… you know me soooooooooooooooooooo well!!!!

😛

6. Basil - Desember 6, 2007

Neee wat ding, Basil issie bang nie, vir dreig het Basil nog nooit rug gedraai. Basil staan dan ook mos vas op die aarde met ‘n “size 12”. LOL!!!

Trosman, nee broer, Basil lag en lag en val amper agteroor van die lag. Daai posduif van jou is ….. FOKKIN goed. Maar kom ons praat nie te hard nie, nou nou hoor hulle ons.

Homeboy, laat hulle ons verder vermaak. Moet sê, daar kom nou ‘n paar wicket gedagtes en gedrag hier te voorskyn. Huh, een van daai twee wat my ma se kind is, uhmmm, vreemd, of hoe?

Daai pic wat daar uit gepop het, sê als. Wys jou net hoe verkeerd ‘n ou kan wees, shame.

Maar dan weer kan ‘n man dit heel anders bekyk, hoekom sal ek dan nou nasty met jou wil wees? Wonder maar net! Het ek jou dan iets gemaak? Sien jy nou Trosman, Basil het so ook gedink.

Het jy dan iets wat ek wil he? Nee Trosman, jy mag nie begeer nie, onthou jy nog? LOL!!! Jy moet maar mooi lees Trosman want Basil praat mos nou maar so en so.

Kom nou «”seuns”» en ‘dogters’, kom ons speel nou mooi saam. Trosman, jy stem mos saam met Basil,of hoe?

Trosman Basil en Straaltjie se posduif sal darem nie ‘gecopy en gepaste’ kan word nie. Dit sal die wêreld aan die brand steek. HAHAHA!!!

7. ding - Desember 7, 2007

Basil, duidelik gesels jy met trossie in ‘n taal van julle eie hierbo. Maar as ding nou so kant se rigting toe staan en die bedryf hier so met die son wat uit die dwarste uit op julle twee neerskyn, bekyk, dan wil-wil dit vir ding al lyk asof Basil vir trossie ‘n ander storie moet vertel – saamspeel se moeeeer ook. Vertel vir Trossie van koekies en onthou die gevleuelde, geykte stoepspreuk:
Focus, Basil, FOCUS.

En trossie, net miskien kry ding die verkeerde gedagtes hier, maar sommer net vir ingeval, trossie, ding hou vir jou dop, Nefie. Ding se maar net – jou wingerd is mooi genoeg nes dit is – speel nou mooi met jou nuwe vrinne, ne.

8. platterfuss - Desember 7, 2007

/me sekondeer…………………….

9. Tigerlily - Desember 7, 2007

Lykmy hierdie was omtrent ‘n wilde kuier! Die Bastard babeleer nog so dat hy niks gesê kry nie! Volgende keer vlieg ek ook in vir die dronknes!

10. Basil - Desember 7, 2007

Ding, miskien moet Basil nou vir ding ook hier vandag sê: “FOCUS ding FOCUS!”

Ek dink in plaas van vir Trosman dophou, moet ek en ding dalk die Kat uit die boom uit begin dophou.

Die Kat mag dalk vind dat hy minder lewens oor het as wat die Kat dink. Of wat praat ek als, ding?

11. ding - Desember 8, 2007

Basil, ding het homself nou al kruppel gesoek: geen spoor van ‘n kat wat daarop dui dat die kat van sonlig hou nie.

Ding ken net een kat en dis die een met die skerp naels en pyl deur die hart, maar al krap die soos ‘n kat, is dit ‘n tier se merke wat bly. En al is dit waar ding geleer het van focus, het ding geleer hy het helemal in die verkeerde rigting gefocus.

Maar terug by die kat. Swaerie, praat en wys net vir ding waar daai boom met die kat is – ding wil ook die kat uit die boom uit kyk, ne. Ding ken ‘n katslagter – die bodder nie nog met lewe een tot nege nie…

12. Basil - Desember 8, 2007

Oopsie!. Ding, hoe speel die kat dan wegkruipertjie met ding? LOL!

Inderdaad, ding het helemal in die verkeerde rigting gefocus. So, ding het helemal reg geleer.

Nou moet ek ook vir ding sê dat hierdie Kat is ‘n slingse Jakkals Kat. Hy PU HRRR nie in die ope nie, jy moet wakker slaap waar hy rondloop.

13. Karin - Desember 11, 2007

Ten spyte van julle gesprek in vreemde tale hierbo, wil dit tog voorkom asof julle mekaar heeltemal stukkend gekuier het!

Kuiertyd is op ons.

My sëëngroet vir julle:

Mag die wat mense het, hulle flenters kuier; en mag die ander hul hande op ‘n paar goeie bottles wyn lê om die pyn van alleenwees te verlig!

K ‘-)


Lewer kommentaar