jump to navigation

Drie Vrae ??? November 20, 2007

Posted by unobastardo in Trivia.
trackback

Die wingerd hou my besig en die weer wil-wil net nie saamspeel nie. So tyd om hier te kuier is min. Dis amper die einde van die jaar, dis ‘n mal tyd. Ek het vandag net drie vrae vir elkeen wat hier kom inloer. Twee vrae is realiteit en een vraag is ‘n sê-nou-maar vraag?

  1. Wat sou jy wou verander het in die jaar wat verby is?
  2. Wat gaan jy DEFINITIEF in 2008 doen? (Nie nuwejaarsvoornemens nie, want dit hou gewoonlik nie. Wat weet jy met totale sekerheid gaan jy BESLIS doen?)
  3. Sê nou maar reinkarnasie bestaan; wat sou jy wil wees in jou volgende lewe en wat dink jy was jy in jou vorige lewe? (Okay, okay, dis ‘n twee-in-een-vraag)

Druiwegroete uit die Boland!

Advertisements

Kommentare»

1. Dellie - November 20, 2007

Ek sou graag in die jaar wat verby is, meer tyd saam met my geliefdes wou spandeer. Die jaar was hectic, en ons het soort van by mekaar verbygeleef.

In 2008 gaan ek DEFINITIEF twee kursusse doen, en die eksamens deurkom, sodat ek vir my studente beter onderrig kan gee.

Ek sal nog bietjie moet dink oor jou derde twee-in-een-vraag! 😆

2. KruidjieRoerMyNie - November 20, 2007

1. Vroeer aansoek doen by UCT. Ek’s te laat vir 2008.
2. Niks is ‘defnitief nie, maar vir die wis en die onwis – Die Argus ry dv.
3. Ek kan nie dink aan enige iemand anders wat ek wil wees nie. Ek het ook geen idee wie ek sou kon wees indien reinkarnasie ‘n werklikheid was nie. Seker ‘n seerower.

3. Dellie - November 20, 2007

Op vraag nommer 3… Liefie reken hy sal die buurvrou se stofsuier wil wees…hy word uitgeleen EN sy draad word getrek! 😆

4. Jaco - November 20, 2007

1. Ek sou baie meer wou lees. Die hopie boeke wat gekoop maar nog by lees uitgekom is nie hou net aan groei!
2. Ek gaan my teikengewig bereik ongeveer Mei/Junie 2008 as alles verloop soos nou. Daarna sal ek die res van 2008 spandeer om my nuwe verbeterde lewensstyl te konsolideer.
3. Oor die reinkarnasie vraag. Ek vermoed ek was Obelix in my vorige lewe, en in my volgende lewe sal ek ‘n ontdekkingsreisiger ala Livingstone, Holgate of Bakkes wou wees

5. sonkind - November 20, 2007

1. Ek sou harder geleer het vir my eksamens.
2. Ek gaan ‘n begin maak met daardie storie wat ek nou al hoe lank al wil neerskryf. En ek gaan DEFINITIEF NIE weer met Nationwide vlieg nie!
3. Ek was ‘n matroos in my vorige lewe, en in my volgende lewe wil ek ‘n gemmer mannetjieskat wees, een soos Garfield!

6. wag-ʼn-bietjie - November 24, 2007

1. Ek sou meer opgelet het na my kind se seer en minder na my eie
2. Die Argus is uit maar gaan DEFINITIEF Hyper2Hyper en 94.7
3. Nog nooit oor reinkarnasie gewonder nie, sal moet dink.

7. ding - November 25, 2007

Hmmm… Trossie, ding sou meer by oranje ligte gestop het. In 2008 doen? Veiliger bestuur. Reïnkarnasie: eerlik-eerlik? Met ‘n hele paar ernstige verstellings hier en daar, sou ding graag net homself wou wees – nog ‘n keer. hehe

8. Tigerlily - November 26, 2007

Hierdie jaar – focus Tierie, focus!
Volgende jaar – gaan ek beslis mense se voete vryf, en ek gaan sing
Vorige lewe – ek was ‘n heks
Volgende lewe – is ek ‘n wolkie

9. ding - November 27, 2007

ôôôiiiii!!! Trossie! Jy speel mossie regverdiggie! Waar’s jou se antwoorde op jou se eie vrae dan nou, Neef?! Kom-kom, vertel vir ons hoe sal jy nou die vrae antwoord, blief, man?

10. unobastardo - November 27, 2007

Jy vra so ordentlik, Ding.

1. Ek sou meer sosiaal wou verkeer het, my minder afgesny het van mense.
2. In 2008 gaan ek beslis Frankryk toe, Septembermaand!
3. Ek sou graag ‘n Ruimtevaarder wil wees in my volgende lewe en ek dink ek was ‘n Boesman in my vorige lewe.

11. ding - November 30, 2007

Trossie, Trossie, versigtig met daai wingerskêr, my maat! Solank jy dan nou ander mense afsny, is dit maar reg, maar jy en ding sal lank en innig moet gesels oor die korrekte, versigtige gebruik van ‘n snoeiskêr – ding het juis al gewonder hoe jou trossie (jou avatar) oppie bord beland het – iewers moes tog ‘n stingel en ‘n blaar of wat en ‘n wingerdstoel gewees het?

Neewat, maak die nommers reg in 2008, nooi ‘n lady saam met jou na Frankryk – begin sommer nou al ‘n kompetisie – maar let op wat wikkel vir tier gesê het oor KOMpetisies – vir die ladies om te bepaal wie saam met jou gaan.

Boesman vorige lewe; ruimtevaarder volgende lewe? Is dit JOU pa of jyself wat deur die leë Coke bottel getref is in een van daai plaaslike vuisvoos-lagjouslap-komedies? Die dat jy die ruimte wil in om te sien waar daai bottel vandaan kom? 😉

12. unobastardo - November 30, 2007

Ding, van snoeiskér gaan JY my nie veel kan vertel nie, met alle respekte nou gesê. Snip snip maar net nie laaglangs nie, né. Dan bly jy tog redelik veilig.

Trossies druiwe kan ook net geëet word as hulle losgeknip is van die wingerdstoel. Niemand lê tog in die wingerd, op hul rug, en eet druiwe van die wingerdstok af nie. Of hoe? Sal ‘n BAIE soepel persoon moet wees!

So, Ding, terwyl jy nou so stoepboer, dink dan nou vir ons daar ‘n kompetiesie uit, met reëls en so, en dan kyk ons wie is die gelukkige dame wat ek saamneem Frankryk toe.

Boesman – Ruimtevaarder – heeltemal ‘n ander konnotasie as hierbo gestel, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: