jump to navigation

Flaters of Feite? Oktober 30, 2007

Posted by unobastardo in Trivia.
trackback

Ek lees baie en gereeld meer as een boek of tydskrif tegelyk. En so elke nou en dan besluit ek dis nou eers weer tyd om my kantoor, my studeerkamer en sommer net die huis in die algemeen van hoek tot kant deur te gaan en my boek en tydskrif hopies uit te sorteer. Die naweek was nou weer een van daardie tye.

Die spreekwoordelike “hulle” sê nie verniet as mens iets wil weet wat niemand anders weet nie, lees dieselfde tydskrifte as almal, maar net een jaar later. Terwyl ek so skoonmaak, hak ek gewoonlik vas by van die ou tydskrifte en lees artikels wat ek die eerste keer gemis het of dalk net weer wil lees, of dalk wil bêre. So word die hele uitsorteer proses later eintlik net ‘n verskuiwing van een hopie na ‘n ander, van een hoek na ‘n ander, want ek gooi baie moeilik ‘n leesding weg.

Met dié kom ek dan ook af op die volgende in ‘n Taalgenoot van 2005 en ek dink julle sal dit nogal geniet. (met erkenning aan Taalgenoot en Ilse Salzwedel.)

In hierdie eeu van ons waarin feitlik alles deur rekenaars beheer of beïnvloed word, is dit nogal lagwekkend om te sien wat kenners destyds alles oor die toekoms van die rekenaar te sê gehad het:

  • “Ons sien Windows nie as ‘n langtermyn grafiese raakvlak (interface) vir die massas nie,” – ‘n amptenaar by Lotus Software Development gedurende die demonstrasie van ‘n nuwe DOS-weergawe in 1989.
  • “Daar is geen rede vir enigiemand om ‘n rekenaar in sy huis te wil hê nie,” – die gevleuelde woorde van Ken Olsen, president en stigter van Digital Equipment Corporation, in 1977.
  • “Maar waarvoor is dit goed?” wou ‘n ingenieur by IBM in 1968 weet, oor die mikroskyfie.
  • “Ek het die lengte en breedte van hierdie land deurkruis en met die beste mense gepraat en ek kan julle verseker dat datavaslegging ‘n gier is wat nie hierdie jaar gaan oorleef nie.” – die redakteur in beheer van boeke oor sake-aangeleenthede by Prentice Hall in 1957.
  • “Ek dink daar is ‘n wêreldmark vir miskien vyf rekenaars,” – Thomas Watson, voorsitter van IBM, in 1943.

‘n Paar ander interessanthede wat maar eerder ongesê moes gebly het:

  • “Kontak oor die kleurgrens heen is welkom, solank as wat die motief daarvoor verdere skeiding van die rasse is,” – Carel de Wet, minister van gesondheid in 1971.
  • “Ons het vrouelede. Hoe kan ‘n organisasie ‘n geheime organisasie wees as dit vroue as lede het?” – Willem de Vos van die Afrikaner Onderwyserskultuurorganisasie (AOK), toe hy oor die geheime status van dié sogenaamde regsgesinde organisasie uitgevra is.
  • “Om te lieg is niks nuut nie. Dit is oral ter wêreld aanvaarbaar. Ekself dink glad nie dis so ‘n slegte ding nie,” – Ndaweni Mahlangu, premier van Mpumalanga, in 1999.
  • “Mevrou Winnie Mandela sit rubber om mense. Ek sit rubber binne in mense.” – Michelle Bruce, voormalige Mej. Suid-Afrika, in 1994, oor die reeks kondome wat sy bemark het.
  • “‘n Man kan en mag meer as een vrou liefhê. Die Bybel verbied dit nie. Salomo het duisende vroue gehad. God het nie gesê dit is sonde nie.” – Wyle Bles Bridges oor sy verhouding met Marietjie van Heerden.

Tong in die kies of voet in die mond? Ja, was stilbly maar eerder die antwoord!

Advertisements

Kommentare»

1. Jaco - Oktober 31, 2007

Ek het nogal respek vir iemand wat meer as een boek gelyktydig lees, my vroulief dit dit ook. Ek raak totaal deurmekaar.

My persoonlike gunsteling rekenaar verwante aanhaling is nogal deur Bill Gates homself “no one will ever need more than 640 KB of Ram” Hehehe.

Ek haal so nou en dan my voet uit my mond uit. . . om plek te maak vir die ander een!

2. Skoorblok - Oktober 31, 2007

Ja nee, jy het ouuuu boeke daar in jou geweste!

3. platterfuss - Oktober 31, 2007

Mens moet ‘multi-task’! Hehe! Obviously is jy ‘brainy’!!!

Ek ‘laaik’ jou blog, seriously!!!!!!

4. Koeksuster - Oktober 31, 2007

Ek lees ook baie graag – veral meer as een boek op n slag.

Kyk bietjie of jy n publikasie met die naam Kakkerlak in die hande kan kry. Dit word so twee maandeliks uitgegee en is perfek vir die “multi-lees” ondervinding.

Stunning blog.

Ek is ook n Bolandse meisie – vanwaar Gahasie??

R

5. attie - Oktober 31, 2007

Ek lees ook meer as een boek gelyk. Somtyds tot drie maande aan ‘n boek. Ander kere lees ek weer ‘n boek ‘n week. Ek gaan elke jaar op vakansie met meer as een boek om te lees. Maar… hierdie aanhalings van jou was lekker om te lees. gelukkig word alles wat ons sê nie so noukeurig opgeketen nie, maar ek wonder darem as iemand oor vyf jaar ons blogs kom lees hoe gaan hulle lag.

6. feetjieland - November 1, 2007

Verseker flaters!! Hou nogal van die geheime-organisasie een, lol.

7. rightsaidreverend - November 1, 2007

So af en toe kry ek so op eentjie baie skaam as ek dink aan een of ander dom ding wat ek stadiums in my lewe al kwytgeraak het. Hopelik onthou die ander mense dit nie so goed soos ek nie.

8. Roer - November 1, 2007

Goeie een Michele Bruce. Wonder wat het van haar geword?

Ja, die boeke staan ook opgestapel langs my bed. Dit vat my partykeer maande om ‘n boek klaar te maak, want ek spring te veel van die een boek na die ander.

9. René - November 1, 2007

Hi – ek kom loer vandag eers die eerste keer hier by jou in! ‘n Heelwat laat verwelkoming in die kuber-kuierkamer dan ook van my!!

Ek vrek oor lees, en daar lê al ‘n stapel boeke langs my bed wat skree om gelees te word. Ek haal gewoonlik Desember vakansies in wat ek deur die jaar agter geraak het. Op die oomblik is ek besig met drie boeke, waarvan twee Afrikaans, en een Engels is. Mens moet mooi kophou om die storielyne nie deurmekaar te laat raak nie, maar ek geniet die afwisseling! Ek los ook nie ‘n tydskrif nie, van die Landbouweekblad tot Stywelyne! Ek lees ALLES, behalwe die sinnelose gesanik en geskinder van die Huisgenoot!!

10. Dellie - November 1, 2007

Dankie, dit was nou lekker om te lees. Dit laat my nogal dink aan my rekenaar onnie in std 6 wat gereken het ek het geen aanleg vir rekenaars nie…en nou doen ek al opleiding vir 8 jaar! 😆

11. ding - November 3, 2007

Môresê, Trossie!

Pittige korrels wat jy vandag hier opdiep! Dankie virrie deel daarvan.

Ai, ja-nee, ding haal ook sommer gou-gou hoed af vir manman wie meer as een klomp letters op ‘n slag kan lees en verstaan. Ding is lui vir lees, maak net die kop verder vol miere en ding se oë seer. Ding hou net van lees wanneer ding ver pad moet ry.

So, Trossie, jou gunsteling skrywers?

12. Idetrorce - Desember 15, 2007

very interesting, but I don’t agree with you
Idetrorce


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: