jump to navigation

Oestyd is woestyd Oktober 26, 2007

Posted by unobastardo in Tafeldruiwe.
trackback

harvest.jpg

Soms gaan dit maar rof tydens die oes- en parstyd. En dan kom daar ‘n paar goeie sêgoed vorendag. Hier is ‘n paar wat ek al deur die jare op die lyf geloop het:

“Klap my agter my kop sodat my oë net uit hulle kasse kan spring en ek kan sien.” – ‘n moeë kelderbestuurder wat twee nagte nie geslaap het nie, toe iets vir hom op papier gewys word.

“Ek het nog net drie tenke in die kelder oor: die watertenk, die kompressor se druktenk en die bakkie se dieseltenk wat ek vergeet het om vol te maak.” – ‘n benoude kelderbestuurder met ‘n BAIE vol kelder.

“Hierdie kelder is nou so vol dat hy opgooi!” – ‘n kelderbestuurder met ‘n vol kelder, toe ‘n tenk oorloop.

“Ons kan nou Kakamas se wyne as Wes-Kaap sertifiseer.” – nadat Kakamas, gedurende oestyd, ‘n paar dae na mekaar herhaaldelik kragonderbrekings gehad het.

“Die bakkie is afgeskryf, maar die kajuit is nou groter en goed gerond van binne af!” – nadat een van ons meer gewigtige wynmakers in ‘n ongeluk was en bietjie binne in die bakkie rondgeval het. (Ons was egter almal baie dankbaar dat hy nie ernstig beseer is nie.)

Advertisements

Kommentare»

1. sonkind - Oktober 27, 2007

Bastardo, jy moet net laat weet as jy ekstra hande nodig het met oestyd – ek wou nog altyd help druiwe oes op ‘n regte egte wingerdplaas. En nou hoor ek dis nog goeie oefening vir die figuur ook!

2. unobastardo - Oktober 27, 2007

Dankie Son! Ek sal jou dalk waaragtig opvat op daardie aanbod, hoor! Maar ek sal sorg dat jy darem nie jou hande stukkend werk nie!

3. ding - Oktober 28, 2007

Trossie, Sonson het helende hande, hoor! En waar jy haar ookal laat werk, sorg dat daar ‘n paal naby is (vir die figuur se oefen) en wees gerus – Basil sal self kyk dat daai helende Sonhande net so perfek bly soos hulle voor die wingerdwerk was! Of hoe, Basil, ou swaer? Met eishjjj jaaa…

4. Basil - Oktober 28, 2007

Jaaa ‘swaer’, met eishjjj jaaa …

ding, … Basil belowe hy sal ‘n wakende oog gooi terwyl dit oestyd is op uno se plaas. Dit lyk dan nou vir Basil of onse nuwe Bastardo reeds vir Sonna in diens geneem het. hehe!

LOL! As dit dan by daai paaldans ene kom, wil Basil ook genooi wees na daai wingerd toe, of hoe het ek dit dan nou met Trossie?

5. sonkind - Oktober 28, 2007

Bastardo – steur jou nie aan die twee knape hier bo nie. Sonkind vra nie toestemming vir dans om die paal nie, maar sy dans ook nie SOMMER net nie, ook nie vir enige iemand nie.

So, hou maar eers die paal in die pakskuur. As ek sien jy moor my nie te veel in die wingerd nie, dan mag ek dalk, net DALK die stoute skoene aantrek wat die dansie betref.

Basil en Ding; Ding en Basil – julle soek vir my! 😈

6. unobastardo - Oktober 28, 2007

Sonstraal, dit lyk vir my jy is ‘n vrou wat haar man kan staan en dan nogal haar eie wil ook het. Wel wel wel, hierdie Bastardo het nog altyd van ‘n uitdaging gehou!

Basil, Ding, julle is welkom om te kom help druiwe pluk. Onthou net, ek besluit in watter wingerd pluk wie en wanneer is jy klaar gepluk. 😆

7. Basil - Oktober 28, 2007

Aitsa!

… ding, hoe lyk dit dan nou vir Basil of ons ‘n dansie gaan sien. Hier sien Basil dan nou stories van uitdagings en al daai. Ding, hier sal jy dan nou lees. Kyk, ek sien nou hoe die wind waai met trossie se oestyd.

Trossie is dan nou so gaaf om ons ook in sy diens te neem. Nou het Basil so gedink, aangesien hy wat Trossie is, besluit in watter wingerd pluk wie en wanneer jy dan nou klaar gepluk is, sal Basil nie belangstel in daai pos nie.

Basil sal eerder die pos aanvaar wat jy vir hom geoffer het, daai ene van daai helende Sonhande moet mos net so perfek bly soos hulle voor die wingerdwerk was. Met eisshhh jaaa! Of hoe?

Ja Son, jy kan maar daai stoute skoene aantrek vir daai dansie, ek en ding sal by daai wingerdfees wees en moet asb nie van Sussa vergeet nie. -hehehe- Trossie is dan nou so gaaf om ons ook te nooi. LOL!!

8. ding - Oktober 29, 2007

Trossie, jy klink mos darem na ‘n verstandige man, né? Dan sal jy fyn genoeg wees om die verskil te ken tussen uitdaging en uitlokking en uittarting, of hoe?

Basil, in wat gewoonlik die ladies se woorde vir ding is: FOKUS! Is oorlat jy kyk hoe die wind waai dat die son al staan waar hy staan – fokus op die son, swaer!

Sonson, miskien soek Basil son, maar ding sit rustig op sy stoep en weet presies waar sy sonson is – en ding weet van verbrand innie son – onthou ding swoeg en sweet dae in die son om – in die sweet van sy aangesig…né. En net so weet ding van homself beheersd oorgee in die liefkosende strale van die son om gesond getan te bly.

Basil, al wil ding jou daai job aanbied, ding kan nie – dis mos Basil se job by default, onthou jy nou weer? Ding het maar net bedoel dat Basil sy goedjies sy goedjies net so mooi oppas soos wat ding sy heuning oppas, sien jy. Is oorlat Basil uitmaak van sonstrale se skyn en hoe om hulle te laat reflekteer dat al ons ander ook van daai son in ons lewens het, dan nie? En ja, Basil, die son glo graag hy skyn maar so op sy eie, onafhanklik.

Dankie, Trossie, as jy vasbrand met die oes, sal ding naderstaan om die gewillige hulpvaardige buurman te wees, maar ding het sy eie plaas wat hierdie tyd van die jaar haas al sy tyd en aandag in beslag neem … en dan is daar nog die nuwe heuningboerdery ook! Maar stuur gerus die rooksein as jy vasbrand!

9. Basil - Oktober 29, 2007

ding, kyk, laat ek nou vandag vir jou gerus stel.

Ek gun enige iemand ‘n plekkie in die son, solank hulle nie MY plek ook in die son wil hê nie.

Dis nou daai tyd dan wat Basil sal ernstig begin dink aan daai omdop ene waarvan jy gepraat het by die “kar” storie – maar omdop soos in binnekant buitentoe – hehehe!

Trossie, Son sê jy moet laat weet wanneer moet sy inval in die wingerd.

10. unobastardo - Oktober 29, 2007

Uitdaging, uitlokking, uittarting – ja-nee Ding, daar is tereg ‘n groot verskil tussen die drie, maar dis ‘n debat vir voer oor lang glase Koos Wye Voete. Met eish, soos jy en Basil so mooi sê.

Stap Trossie diep ingedagte deur sy wingerde en dink oor sy oorle vrou se geliefde gesegde – van “2 honde baklei oor die been … ”

Basil, Sonstraal is altyd welkom hier in die Slanghoekvallei, nie net om te kom druiwe pluk nie. Ek hou haar glasie reg, die port glasie, want ek verstaan sy drink mos nie eintlik wyn nie.

11. ding - November 2, 2007

Trossie, jy’s fyn geslyp.
Ma’ vertel nou eers vir ding mooi stadig, ne, hoe kom daai vallei aan so ‘n volksvreemde naam, hmmm?

Nou, Trossie, hoe loop jy dan nou en gedagtes wissel oor honde van alle goete? Is seker darem nie oor tewe nie, ne?

Na Stoutsus mos nou uit die kas gekletter het, kan sy nogals so vir ding en die se Broere koggel met daai manier van sê as ons nou die dag darem so ‘n bietjie lywe kyk. Tot ding die dag vir Sus gewys het ding issie hond nie en ding is ene vir bene nie – ding hou van die sawwe vleisies – daar waar ander nog nie was nie.

So gepraat van die honde en been – Neef Trossie, jirre jong, het jy al gesien hoe kan so ‘n skelm derde enetjie wat mos dan nou die been kom wegsteel, gat skoonmaak, stert diep klein tussen die bene, as daai anner twee omvlieg en vir hom omdop? Kierts! SPORTS, hooooor jy!

12. Basil - November 3, 2007

ding, Trossie het sy wingerd verhaal vir ons nou mooi vertel met sy stap en diep ingedagte ene. Ja, so ‘n wynplaas in die vallei kan seker maar eensaam raak as ek die ding so kyk.

Trossie, laat ek jou gou vertel, die son skyn mos maar wyd oor die aarde en oor almal, maar jy wat ‘n wyse man is Trossie, moet dan ook mos weet dat die son sak mos maar altyd weer in die weste.

So, by daai port glasie sal jy maar ‘n rooi glasie ook moet neersit. Maar indien jy die vier neefs se rosè iewers wegsteek, kan jy maar die ysbak reghou.

ding, die Slanghoekvallei is kort duskant Worcester en daai ouens KEN nogals van wynmaak. Hoe die vallei aan sy naam gekom het, sal ek, as oud-Vaalpens, ook nogal wil weet. Trossie?

13. ding - November 3, 2007

Basil, daar wa’ jy nou afsaal elke dag, ne, is dit wes van die Slanghoekvallei?

Kyk, ding ken mos daai gedeelte van die land GLAD nie. Vir alle praktiese doeleindes is ding al die afgelope 13 jaar daarvan oortuig dat die Wes-Kapenaars glo hulle woon in ‘n land van hulle eie; hulle doen net goete anners as die res van die mense, sien jy.

Nee, ding het mos nou al voorheen verskoning gemaak dat ding NIKS uitmaak van wynmaak, wynproe, wynken en enige wynerige goeters nie – maar ding is ‘n gewillige leerling. So, ding weet NIKS van die Slanghoekvallei nie. In elk geval skok ding gewoonlik tot stilstand by die aanhoor van die slang gedeelte van enige kombinasie woord wat met daai woord begin, sien jy. En toe ding nou lees van die Slanghoek, toe is dit alweer sulke tyd. Ding slaan in swete uit, en dink twee goeters: eerste – hoe de fok pas ‘n slang in ‘n hoek in? tweede – ek hoef nie te weet hoe die slang daar inpas nie, al wat ding hoef te weet, is hoe lekker ding vir hom gaan doodbliksem in daai hoek, want wegkom, gaat hy nie wegkom nie!
Ding het mos letterlik DOODSE vrees vir ‘n slang. Nee, regtigwaar ook, hoor. Se slang en ding is klaar asof gehipnotiseerd in survival attack mode.

14. Basil - November 3, 2007

Ja ding, my afsaalplek is wes van Trossie se vallei. Oor die berge – Kaap se kant toe.

Jy is nie verkeerd oor die Capeys wat glo hulle woon in ‘n land van hulle eie nie – vreeslik arrogant soms – veral as ‘n ou nou van Pretoria af kom en hier moet kom huis maak. Dan kyk hulle jou mos nou maar so neuslangs aan. En anners… beslis, maar Basil hou mos nog lewenslank van anners!

Ons sal maar moet wag vir Trossie om ons te vertel van die Slang in die Hoek en hoe hy daar gekom het. LOL!

15. unobastardo - November 4, 2007

Hoe lyk dit dan nou vir my Ding en Basil is die Kaap nie so heeltemal goedgesind nie? Dan sal ons beslis iets aan die saak moet doen. Dalk saam kuier met daai eish sal julle van gedagte laat verander?

Die Slanghoekvallei – dis te veel vertel vir net kommentaar. Ek sal nou werk daarvan maak en vir julle ‘n ordentlike inskrywing maak oor my vallei. Soos Dellie so mooi gemaak het met haar Welkom.

Nee wat, Ding, hier maak die drie plaas honde ‘n slang se kierangs gou uitbraai. Jy hoef nie bang te wees vir slange in hoeke nie!

16. Basil - November 4, 2007

Nee Trossie, moet asb nie vir my onder ‘n ander se kam skeer nie, net toe Basil begin dink ons kan saamsaam deur daai wingwerd van Trossie loop, toe gooi Trossie nou vandag se nommer.

Ons wat hier in die blou berge tussen die wingerde bly, ons lag en speel meeste van die tyd so met mekaar, met daai skerp woorde en ander dinge ook natuurlik! hehehe

Trossie, dat Basil jou gou vandag mooi vertel hoe die wind waai, Ek het nie eissh nodig om te sê wat ek wil sê nie. Verstaan Trossie vir Basil?

Wel Trossie, ek kan nie vir ander praat nie, maar saamsaam gaan ons nog deur daai wingerd van jou stap. Trossie moet mos nou al weet of Trossie van ons dienste wil gebruik maak of nie.

Of het Trossie dan nou vergeet van daai poste wat Trossie da anderkant van gepraat het? LOL!!!

17. ding - November 5, 2007

Basil, ding het maar gevra oor die ligging van waar jy afsaal, want ding is weliswaar HEEEEL rigtingbefoeterd, maar ding weet darem die son se huis sit wes. 😉

Neei, Maste’, die post card hy’s myne, but die number hy’s die kleinbaas ssss’nn! hehe… ding het so klein parmant op ding se werf – raak hy te astrant en ding lyk of die Duitser wil wakker word, maak hy altyd maar ding se hart weer sag met die sê-ding van hom. Ding wil eintlik vandag maar net vir Trossie en Basil so ‘n riel kom trap en daai selle nommer sê.

Basil, jy’s ‘n anner bliksem, hoor, maar ding smaak daai stukkend. Trossie, dankie vir jou onderneming en jou gerusstelling – ding waardeer beide opreg. En ding sien daarna uit om meer te hoor van die herkoms van daardie vallei se naam.

18. René - November 5, 2007

Hehehe, julle klink soos Koöperasie Stories! Lol 😈

19. ding - November 5, 2007

René, hoe praat die Lady nou! hahahaha…. solank jy net besef ding is wragtagwaar ook NIE Genis nie! 😳

20. Skoor - November 5, 2007

Uno,

min mense sal weet waarvan ons hier praat, alhoewel ek reken die Cape Coloured Lingo het al redelik versprei deur die dekades, dieper die land in.

Ek het vir 8 jaar van my lewe, dae gedeel met hierdie unieke bevolkingsgroep, toe ek plaasbestuurder was.

Hulle het mos twee gunsteling woorde. Die P*** en N*** wat sommer spontaan oor ‘n woedende woordewisseling kan toegesnou word, of sommer net op ‘n straathoek heen en weer geslinger word.

So staan ek een Maandag in die boord met oestyd. Ek vang op hier het die naweek nou weer serious interne nonsens gebeur, en besef die dag gaan nie onskuldig eindig nie.

Skree die een vir die ander een: ‘jou maaa se p***! Ek gannit nie hie’ lossie. Ek ga’ my naam soek.’

Die ander een is nie links nie, en laat loop: ‘djou ma se BESTE p***! Djy kan djou naam mar loep soek, djou n***!’

Mens raak mettertyd totaal immuun teen hierdie soort woordewisselings, maar die BESTE was vir my die einde van die sport, wat trappe van vergelyking betref!

Is dit m.a.w: P***, beter p***, en dan die onverbeterlike BESTE P***? ! 🙂

21. René - November 6, 2007

Skoor, ons noem die Moedersdag as die volkies so van hul maaaaa’s se anatomie uitpraat… lol! Unieke mensies 🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: