Drink wyn! December 9, 2007
Posted by unobastardo in Luister.trackback
Ek skeep my blog af en ek skeep my vriende ook af (Sorry Emetiestrepie!). As ek nie werk nie, slaap ek of eet ek, maar niks veel tussen in nie. Dis oestyd, dis woestyd. Hier is sommer net ‘n lekker lawwe video! Anderdag gesels ek weer.



Nee, nie wyn nie, Basto. Jy weet dan. Kom ons drink liewer net weer van daai pienk goete van laas naweek.
Onthou – niks werk volgende naweek nie! Dan’s dit Langebaan en visvang! En Cocktails!
Amen vir wyn!
Fokkit Trosman, jy kom hier op met ‘n vreemde clip. Ek verstaan ons praat in vreemde tale daar annekant. hahaha!
Ja, hier in die Boland praat manman mos maar in vreemde tale, of hoe?
Daai vreemde tale wat daar gepraat word van “effie’s” en fok weet wat nog, is besig om daai wilde dier in my wakker te maak soos ek jou gesê het.
Daai seun moet sy woorde boek gaan opswot. Hy is rou en besig om al dieper in die vuur te val. Vir sy part hoop ek hy val fokkin gou in die vuur en verbrand, want as ek my hande op hom lê gaan hy meer as ‘n blusser nodig hê om af te koel.
Weet ook nie waar sy nessie is nie, maar klink my sooo of hy da iewers hoog woon, jy weet mos wat ek bedoel, da BO iewers.
Sy tipe is mos nou die tipe wat ek en Tros met ‘n pap snoek deur die bek sal klap! hehe
Maar anyway, as ons nou volgende naweek daar langs die blou water sit, dan kan manman mos nou mooi die kat uit die boom gesels, of hoe?
Of anders katrol ons vir ding nader mat daai no 13’s van hom, of wat praat ek nou. Ding het mos daar gepraat van ‘n dansie of twee kom kyk saam Basil, die Son en Tros in die vallei. Dan kan Platty ook ‘n dansie kom gooi en so kan ons na ‘n paar dansies kyk. LOL!