8 Dinge oor die Bastard. November 27, 2007
Posted by unobastardo in Trivia.trackback
As gevolg van Dellie se tag, moet ek nou hier 8 dinge oor myself vertel. Dit gaan maar donder, want meer dae het ek nie eers veel te sê nie, wat nog van AGT dinge. Maar ek sal in die gees van die feesgety maar saamspeel!
1. Ek het een blou oog en een groen oog. Regtig. Maar dis nie altyd ewe duidelik nie, want my oë verander van kleur, afhangende van die weer.
2. Ek is in Engeland gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword. Maar my ouers is altwee Suid-Afrikaners.
3. Ek het ‘n tweeling suster, wat in Arkansas bly.
4. Ek was die een wat in matriek, met 40 days, die gang se venster oopgelos het, sodat ons laatnag in die skool kon inbreek en alles regkry vir die 40 days viering die volgende dag. Gelukkig het die skool nie destyds ‘n alarmstelsel gehad nie.
5. My beste vriend is op die grens deur ‘n landmynontploffing dood. Ek het slegs my oordrom verloor in dieselfde ontploffing.
6. Ek is met my skoolkys getroud. Was, want sy is oorlede.
7. Ek hou nie regtig van rooiwyn nie. Vir my is dit ‘n aangeleerde smaak. Ek verkies brandewyn, skoon, op ys.
8. Ek is mal oor fliek kyk, enige fliek, selfs “chick flicks”.
Die wat ek wou tag, is reeds getag, so SORRY!



Dankie dat jy saamspeel.
Hehe!Dis hoe dit hoort!
Dis n erg kringloop die!
Sterkte met die oes…
Min mans wat sal erken dat hulle chick flicks ook kyk! hehe
Terwyl ons nou so na die feesgety beweeg – Trossie, vertel vir ons van jou gunsteling flieks en hoekom? Ag toe, man, moet nou nie so wees nie, ding begin nou net van jou hou! mbwahahahaha….
Gunsteling flieks? Ja, Ding, ek sal nog vertel, maar dit sal ook langer vertel nodig hê as hierdie bietjie spasie. Gee kans. Ek antwoord mos darem so stadig maar seker al jou vrae.
Ah, ‘n man wat van fliek hou. Mooi, mooi! 8 Baie interessante feite Uno. Dankie hoor.