En toe het ek ook gearriveer Oktober 25, 2007
Posted by unobastardo in Tafeldruiwe.trackback
Lank gewik, lank geweeg. Om deel te raak van die nuwe eeu – die eeu van gesels sonder gesig, gesels wat uit my vingerpunte uit vloei. So stuur ek nou ook my siel, my persoonlikheid, my EK (of dalk my ANDER ek – wie sal weet?) deur my vingerpunte na buite. Raak my vingerpunt aan joune? Sal ons dalk later ons vingers ineenstrengel? Wie sal weet en sal dié wat weet ooit oorvertel?
‘n Gedig (van Stef Bos) om die opening van hierdie wynkelder te vier:
Mens moet van twee kante kom
om mekaar te ontmoet.
Jy moet eintlik toevallig onderweg wees,
jy moet geen doel voor oë hê
en jy moet laat gebeur
waarvoor jy bang is.
Jy moenie alles wil verklaar nie,
voor jy jou kom kry het jy
en die ander oorlog verklaar.
Mens moet van twee kante kom
om mekaar te ontmoet.
Jy moet jouself in die ander durf sien
sonder om in die ander te verdwyn …
dit kan opeens
sommer voor jou staan en lyk na iets
waarvan jy liefs wil vlug.
Dit is die aardige van geluk -
jy maak dit waar
of jy maak dit stukkend,
dit kan jou bedrieg
dit kan jou behoed,
maar mens moet van twee kante kom
om mekaar te ontmoet.
Daarmee verklaar ek hierdie kelder geopen – kom proe my wyn!



Hoop jou kelder is opgestock.
Op hierdie blogs drink ons nie min nie!
Welkom.
Cheers en welkom. Ek sal gereeld kom inloer en ‘n glasie klink.
Dit is die aardige van geluk -
jy maak dit waar
of jy maak dit stukkend,
dit kan jou bedrieg
dit kan jou behoed,
maar mens moet van twee kante kom
om mekaar te ontmoet.
Jy kom van jou kant af. Ek kom van my kant af. Hier ontmoet ons mekaar. Skink ‘n glasie. Ek is netnou terug.
Nou ja, baie welkom!! Ek sal bietjie kom inloer hier by die kelders so nou en dan.
Baie welkom! Ek’s sommer opgewonde dat ons nou ‘n ware wynman in ons midde het! Jy begin met baie mooi woorde.
Welkom! Ek hou van ‘n wittetjie, dankie, cheers!
‘n Glasie Rooi vir my asseblief.
Dit lyk lekker hier in jou kelder.
Dit lyk verwelkomend en die woorde is pragtig…Maar dan klink ons ‘n glasie op jou en die nuwe wynkelder (kuierplek) in ons midde!
Cheers!
Kan ek sluk of moet ek spoeg?
Diep woorde hier in jou openingsrede, Bastardo. ‘n Man met ‘n siel! Die wynland, die Boland is my hartland. Ek sal my glasie port kom klink en dalk kan jy my op ‘n keldertoer neem. Hoop jou kelder se wyn lê nog in houtvate en verouder.
Hallo.
Mag ek jou maar Bliksem noem? Dis mos ‘n ander naam vir ‘n bastard…
Welkom hier. Ek is ook nog redelik nuut, maar voel reeds tuis. Die mense hier is naais.
K ‘-)
Ek is oorweldig deur julle almal se welkom sê. Dankie! Voel amper soos ‘n boeregemeenskap hierso!
Skoor – hier is meer as genoeg in die kelder. En soek jy ietsie sterkers, dan reël ons dit ook.
Ds Attie – vir jou bêre ek die nagmaalwyn.
Kruidjie – jy kan sluk of spoeg, maar sluk is mos lekkerder, né?
Sonstraal – Net ‘n man met ‘n siel kan wynmaak, hoe dan nou anders? Ja, hier is houtvate, maar ek moet bieg, daar is ook “stainless” vate, moderne tegnologie, jy weet. Maar vir jou skink ek uit die houtvat, so lekker donkerrooi volronde port.
Karin – jy kan my noem wat jy wil, maar ek is maar net ‘n wynmaker, lief vir my wingerd en my rooi wyntjie, saans, as die son sak.
Oopkop, Kaalvoetkind, Boer, Dellie, Tigerlily en Feëtjie – julle kan julle glasies kom volskink – Cheers!
Wyn wonderlike wyn!!! Ek is seker dis sleg vir mens, maar ek kan nie nee se^ nie.
Tans probeer ek ‘n studie maak van goeie goedkoop wyne. Ek vind daar is nogals donders goeie wyne wat minder as R30 per bottel kos – mens moet net weet waar om te soek. My gunsteling rooi en wit kom albei van Welmoed op Stellenbosch – die Pinotage en die Sauvignon Blanc. Mens kan dit soos koeldrank drink.
* Ding stap stadig nader; skrefiesoë asof teen die son in; steek hand uit: kyk vir Trossie vas in die oë en groet met ‘n losgroet *
Dagsê, Trossie! Welkom hoef ding jou nie meer te heet nie – die het ding se vrinne reeds gedaan. Ding het eintlik ‘n hegte vriendskap met vrind Jack D. Maar as Trossie nou vir ding ‘n knertsie cabernet sauvignon sal aanbied, dan staan ding gewis ‘n wyle langer oor! Ding mag selfs ‘n glimlag kry as daar as alternatief ‘n ryk en lekker pinotage is…
Welkom – ding sien hier gaan swerwers in die wynkultuur opgevoed raak! Dankie vir jou waardevolle geletterdheid!
Ding, as jy dan nou ‘n Whisky man is, dan moet jy dit oorweeg om die FNB Whisky Live-fees by te woon. Dis vanaf 31 Okt tot 2 Nov in Kaapstad en dan weer vanaf 7 tot 9 Nov in Sandton, Johannesburg.
As dit by hardehout kom, is ek meer ‘n brandewyn man, maar ek geniet hierdie fees elke jaar regtig baie.
Dankie, Trossie. Nee, neeee, neeeee – djy verstaat nie – ding is nie ‘n whisky man nie. Ding en Jack D is beste vrinne. Net so. Ding het ook seer waardering vir ‘n lekker brandewyn, maar daar is ding maar dier van gewoonte – Koos Wye Voete is daar ding se metgesel, hehe. Die whisky fees klink goed, maar ai, ding is weer swerwer hierdie tyd van die jaar – ding is iewers in die Noordwes op een of ander wille safari wanneer die Kaap fees hou en en in die rosestad wanneer Sandton week in whisky. Damn! Maar dankie jy sê.
Liewer laat as dood – welkom!
Het jou stuk oor die kaneel geniet.